Die hooggeregshof in Colesburg het onlangs ‘n direkte gevangenisstraf van 28 jaar aan die 39-jarige Benjamin “Bulski” Klaaste opgelê vir huisbraak en moord op ‘n 82-jarige vroulike slagoffer.
Dit het op Dinsdag, 15 Oktober 2022 in Richmond, Noord- Kaap plaasgevind.
Sersant Timothy Sam, polisiewoordvoerder het verklaar dat die hof het aangehoor dat die slagoffer laas by ‘n tradisionele seremonie op Saterdag, 15 Oktober 2022 gesien was.
Ongelukkig op Maandag, 17 Oktober 2022 was by haar huis halfnaak ontdek, met bytmerke, asook brandwonde en die lykskouing het bevind ‘n element van verwurging.
’n Verdagte is later deur vingerafdrukke op die misdaadtoneel verbind en ’n arrestasie is op Saterdag, 12 November 2022 uitgevoer.
Die vroulike ondersoekbeampte, speursersant Steffanie Koen, het gesê hierdie skuldigbevinding is te wyte aan die werksverhouding tussen haar en die staatsaanklaer wat haal al die pad gelei het.
Die beskuldigde is gevonnis tot 20 jaar direkte gevangenisstraf vir moord en 8 jaar vir huisbraak en diefstal, beide vonnisse sal samelopend uitdien.
Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die jong en lewenskragtige speursersant Stephanie Koen toegejuig vir die behoud van vroueregte en vir die puik ondersoeke wat verseker het dat die oortreder vir ‘n lang tydperk in die tronk was.

