“Maak elke dag ’n Mandela-dag” was die woorde wat kolonel Wilmo Vermeulen, verbonde aan Provinsiale Georganiseerde Misdaadspeurders, herhaal het toe hy oor sy afrigtingsrol in die lewe van die talentvolle Tumiso Nteeo gepraat het.
Tumiso Nteeo is ‘n passievolle 16-jarige verspringatleet van Greenpoint in Kimberley en is tans ‘n graad 10-leerling aan die Hoër Jongenskool in Kimberley.
Hy het onlangs aan die Suid-Afrikaanse verspringkampioenskap deelgeneem waar hy die sesde posisie behaal het.
Hy word die afgelope jaar deur Kolonel Wilmo Vermeulen afgerig en hy sien groot potensiaal en ‘n blink toekoms wat vir die opkomende atleet voorlê.
“Kolonel Vermeulen is die SAPD se Nasionale afrigter vir kortafstandhardloop, verspring en hekkies,” het Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.
Kol Vermeulen sal Tumiso in September 2024 na ‘n atleetkamp vir die elite by die Sundown Country Estate naby Suncity vergesel, wat deur top nasionale en internasionale afrigters sowel as atleetverkenners van regoor die land bygewoon word.
Kock het bygevoeg en gesê dat Vermeulen het ook verdere ondersteuning vir Nteeo van PSG Urban Corner in Kimberley verkry wat die behoefte opgemerk het en ook besluit het om hul tasbare verskil te maak met betrekking tot die Mandeladag-tema 2024 “Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp”.
Kolonel Wilmo Vermeulen se sentimente is dat ons aan gemeenskapsamewerking moet deelneem, behoeftiges rondom jou moet identifiseer en doen wat jy kan om ‘n verskil in hul lewens te maak.
