Die SAPD se provinsiale hoof vir menslike hulpbronbestuur (MHB), brigadier Eliza Tait en al haar seksiebevelvoerders het die Kimberley-opleidingsentrum vir kinders met kognitiewe en fisieke gestremdhede besoek.

Die doel was om opvoedkundige ondersteuning as deel van hul Mandeladag-bydraes.

Die span het 70 kinders tussen die ouderdomme van 6 tot 18 jaar oud bederf met kruideniersware, nie-bederfbare goedere, skoonmaakmiddels en klere.

“Luitenant Kolonel Estie Barnard, die Provinsiale Seksiebevelvoerder vir Lewensiklusbestuur in SAPD het ‘n motiveringspraatjie met die kinders gelewer oor die belangrikheid van Mandeladag, kinderregte en die belangrikheid van omgee vir mekaar,” het polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.

Brigadier Tait het veiligheidswenke tydens haar interaksie met die kinders gedeel en inkleurboeke en veiligheidspamflette uitgedeel om die kinders in hul alledaagse lewe te help.

“Brigadier Tait het herhaal dat ons hande moet vat en gesamentlik ‘n samelewing moet skep wat dit ons missie maak om ‘n pivitol-polisiëringsrol te speel en gehoor te gee aan die oproep om die regte van vroue en kinders te prioritiseer,”

Die span het afgesluit met vraag-en-antwoordsessies waar die skoliere met klein geskenkies vir hul deelname beloon is.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *