Raadslede van die Richtersveld plaaslike munisipaliteit werk tans aktief in hul onderskeie gemeenskappe en die reaksies is meestal positief.
Gemeenskap het ook insette en idees gelewer tydens verskeie onderhoude wat met raadslede op NFM plaasgevind het.
Die gevoel is dus dat die gemeenskap redelik gemaklik is om deur die huidige raad gedien te word.
NFM Ooplyn het gisteraand weer die Richtersveld munisipaliteit se kwessies onder bespreking geneem.
Die burgemeester mnr. Cornell Knoph, die munisipale bestuurder, mnr. Joseph “Vissie” Cloete en die speaker, me. Marlene Fredericks, was die gaste van die program-anker Brunhild Strauss.
Tydens Cloete se eerste 100dae by die munisipaliteit het hy geweldige uitdagings ervaar, en bevestig dat mens tydens die dae nie regtig boksies kan aftick nie.
“Daar is baie goed wat uitsorteer moet word, voor daar by die waarlike visie uitgekom word.”
Cloete het gedeel dat die munisipaliteit ook gebuk gaan onder wateruitdagings daar en dit duur steeds voort.
“Die uitdaging kom alreeds ‘n geruime tyd aan en daar was gaan kyk hoe om dit om te swaai, en te sorg dat die Richtersvelders van water voorsien sal word.”
“Beurtkrag tydens die 4 ure skedule, maak dit onmoontlik om water gepomp te kry,” het die leier bygevoeg.
Die oorskakeling na kragopwekkers is net tydelik van aard.
“Ek het gesien dat ek die vlakke van ons damme sal moet regkry, en dit beteken dat Eskom sover moet gaan om nie die area af te sit nie, maar ons eers kwytskeld van beurtkrag. Daar was voorheen vele pogings aangewend. Rede daarvoor was om reserwe kapasiteit in die damme op te bou,” het Cloete gesê.
Cloete se voorganger het gaan sit en die deskundiges ingebring met betrekking tot die wateruitdagings.
‘n Jaar gelede was die studie voor die raad, deskundiges of konsultante gelê, spesifiek oor hoe die waterkwessies opgelos kan word.
Daar is na verskeie opsies gaan kyk, een is om ‘n soutaanleg te bring, wat weer met ander uitdagings navore kom, soos instandhouding en die kwessie rondom hoë tariewe.
Tweedens is om ‘n lyn vanaf Kleinzee na Port Nolloth aan te lê.
Die ander opsie wat na gaan kyk is, was om ‘n nuwe pyplyn aan te bou vanaf die Oranje Rivier tot in Port Nolloth.
Voor 1990 was die lyn ontwerp en het ‘n sekere kapasiteit om ten minste 42 000 kiloliter water aan die gemeenskappe te verskaf.
Op daardie stadium sou dit die gemeenskappe gehelp het en in die tussentyd het die gemeenskappe uitgebrei.
Met die kapasiteit en veroudering van pype ontvang Port Nolloth tans 25 tot 27 000 kiloliter, en die aanvraag na water is omtrent 1 400 kiloliter per dag.
“43 000 kiloliter is wat egter nodig is.”
Die studie op daardie stadium was R107 miljoen, en die besigheidsplan was aan waterwese voorgelê.
Drie weke terug is daar ‘n kontrak geteken, waar daar bewillig was om die studie te doen, wat moontlik in fases sal plaasvind.
Die implimentering van gereedheidstudies sal binnekort gedoen word, en dit is die projek wat die munisipaliteit uit die bos uit sal haal.
In die interim is ‘n bedrag van R9 miljoen goedgekeur aan die munisipaliteit uit die Voter Services Infrastructure Grant.
“Alhoewel die lyn by Alexkor/Alexanderbaai nie aan die munisipaliteit behoort nie, maar sal liewer die allokasie soort van skrywe aan die tekortkominge by die huidige interim, wil ons die geld daarin sit. Hulle wil kyk of hulle die kapasiteit kan regkry en om ekstra pompe aan te bring. Dit sal so om en by 8 tot 12 maande duur,” het Cloete bygevoeg.
Die probleem is dat die munisipaliteit nie water by haar mense kan uitbring nie.
Die oplossing wat hul het is om met Alexkor te praat, en hande saam met hulle te vat om die probleem op te los.
Daar is ses boorgate waaruit hulle water pomp, waarvan vier toegeval het en twee in werking is.
Die moontlikheid bestaan dus, dat die ook kan toeval.
