Water is ‘n bron van lewe in al die munisipaliteite in die Namakwa- Distrik.
In die opvolg om oplossings te verkry vir die water uitdagings wat hom afspeel in die Richtersveld munisipale area.
Op Maandag, 22 Mei 2023, het die munisipaliteit die bevestiging gekry dat die kontrakteur wat aangestel was, op diè betrokke dag op die perseel was.
Cloete het gesê dat die gedagte is om 6 ekstra boorgate te boor, en om toe te sien hoe om water volhoubaar by die gemeenskappe uit te kry, tot en wyl die implimentasie studie te kry.
Die burgemeester, Cornell Knoph erken die munisipale bestuurder se ou strategieë wat hy gebruik om die boodskap by skole, kerke en Spar uit te kry.
“Hy maak gebruik van die pienk blaadjies en so word dit met die gemeenskap gekommunikeer. Mens moet innoverend dink,” het Knoph gesê.
Tydens gemeenskaps vergadering het dit aan die lig gekom dat daar sonpanele by die waterpompe opgerig word, veral by Alexanderbaai.
Knoph het gesê dat die allokasie in 2022/2023 goedgekeur is en dat die raad en bestuur na die mense luister.
Me. Marlene Fredericks, die speaker het te kenne gegee dat die wyksraadslede in voeling is met die gemeenskap, waarvan gie gemeenskapslede hul opinies rondom die water uitlig.
Soms is die gemeenskapslede hard, maar dit is nodig om hul ongelukkigheid aan te hoor.
“Ons is besig met die laaste sessies van die gemeenskapsvergadering met die wyksraadslede, wat teen einde Junie moet klaar maak. Hulle is in voeling met die gemeenskapslede en het simpatie en empatie met die lede en dit raak ons almal in die Richtersveld,” het Fredericks gesê.
