Die Richtersveld munisipaliteit ervaar die afgelope 4 dae uitdagings met inloop van water by Muisvlak, wat veroorsaak dat die damvlakke nie kan voldoen aan die vereistes water aanvraag in die dorp nie.
Die swak inloop kan toegeskryf word aan die volgehoue beurtkrag skedule waaraan die munisipaliteit onderwerp word asook waternetwerk en sisteem probleme waarmee Alexkor tans worstel.
Na die gesprek met die hoof uitvoerende beampte van Alexkor, Mnr Trevor Fowler vanoggend was die versekering aan die munisipaliteit gegee dat die tegniese span van Alexkor alles in hul vermoë doen om die probleem in Alexanderbaai uit te sorteer om sodoende water volhoubaar na die Muisvlak dam te kan pomp.
RVM waterspan het alreeds bevestig dat daar inloop by Muisvlak dam is wat die probleem van watervoorsiening nou onmiddelik kan aanspreek.
“Ons is ook bewus gemaak dat water by party huise n ander kleur toon. Ons waterspan en die Gemeenskap Gesondheids beampte ondersoek tans die aangeleentheid en sal ons spoedig hieroor terugvoering gee,” het die Richtersveld munisipaliteit gesê.
Die munisipaliteit wil aanbeveel dat waar water se kleur anders vertoon u liewer nie die water moet gebruik nie en dat u hul sal verwittig sodat die beamptes soontoe kan gestuur kan word om vas te stel wat dit veroorsaak.
RVM is ook tans besig om ‘n watertrok op ‘n meer permanente wyse in te huur wat ook kan uithelp met water wanneer tekorte in enige area mag voorkom.
“Jammer weereens vir die ongerief wat u moes ervaar. Ons wil verder n beroep doen om water asb spaarsamig te gebruik.”
