Die teater produksie Swartwater is op almal se lippe.
Dit het daartoe gelei dat die wonde van die verlede oopgekrap was.
Geralt Cloete, stigter en direkteur van Nama Khoi-Production se fokus is om drama te skryf en om die stories van die Nama mense te vertel.
Cloete het begin om dramas te skryf en het het self daaraan deel geneem, terwyl hy nog op laerskool was en dit is waar sy liefde vir dit begin het.
“Ek is passievol oor die Nama-mense en wat dit beteken om Nama of Khoi te wees. Ek dink baie keer daaraan dat ons mense skaam is vir hul herkoms en om geklassifiseer te word as Nama of Khoi,” het Cloete gesê.
Die kultuur word nie geken nie en daarom is Nama Khoi Production daar om die Nama en Khoi kultuur te bevorder en bewaar.
Cloete voeg by deur te sê dat hul geskiedenis ‘n groot rol speel in die werksaamhede van Nama Khoi Production.
Die span van die produksie huis gaan kuier die grootmense en vind meer uit oor wat hulle destyds gedoen het, van hul rituele, troues, en sekere vieringe.
Die teater produksie, Swartwater, gaan oor die geskeidenis van die Richtersveld en speel af in die 1900’s toe diamante ontdek was.
Daar is trauma verbonde aan dit en na die ontdekking van die edelsteen, het dit daartoe gelei dat die mense van hul grond weg gejaag was.
Die produksie gaan meer oor grond onteiening en die trauma wat daarmee gepaard gaan.
“As jy die grond van die mense wegneem, ontneem jy hulle van sekere gedeeltes van hul identiteit en wie hulle as mens is, dit skend hul menswaardigheid. Swartwater vertel die storie wat Nama mense verloor het deur grond onteiening,” het Cloete bygevoeg het.
Die produksie het op 18 Junie 2023 in Noord- Kaap teater plaasgevind en daarna in die Grahamstown Art Festival.
Die rolle is soos volg verdeel: Diansca Obies – Sosanna, Liza Marie de Waal – Fara, Annaline Joseph – Mammie en Serapha Joseph – Tielê.
Hopenlik sal daar binnekort ‘n vertoning op Springbok wees.
‘n Produksie was vir die Sanddrift grootmense gehou, waarvan hulle opgewonde was vir die feit dat diè produksie die geskiedenis so goed vasgevang het.
“Van die mense het trane gestort en dit was ‘n ander ervaring om te sien, hoe ons deur ons werk die grootmense kon terug vat na ‘n tyd wat ons as jongmense nie verstaan nie, maar tog maar probeer verstaan.”
“Die trauma is nie net die grootmense s’n, maar is ook waarmee ons vandag mee sit en voel, van die ontwikkeling wat gebeur in die gemeenskap en die myne wat nie terug ploeg in die gemeenskappe nie.”






