Vedanta Zinc International het ‘n merkwaardige verskil gemaak in die lewe van mnr. Chris Boois van Kommaggas deur ’n rolstoel te skenk via die Nasionale Raad van Persone met Gestremdhede Namakwa.

Mnr. Boois, wat van die middel af ondertoe verlam is, het die nuwe rolstoel ontvang wat sy mobiliteit en lewensgehalte wesenlik verbeter.

Die skenking vervang sy ou, verslete rolstoel en bring nuwe hoop.

Die Raad het sy opregte waardering teenoor Vedanta Zinc International uitgespreek vir hierdie vrygewige bydrae wat ’n werklike impak het op die gemeenskap en die lewe van gestremde inwoners.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *