Hospitale het bloed as nood voorraad nodig om pasïente se lewens daagliks te kan red en bloedskenkers maak dit moontlik.

Woensdag, 15 Junie 2023, word Wêreld Bloedskenk dag gevier.

Die Suid- Afrikaanse Bloed Bank met die Departement van Gesondheid het gaan sit, en kyk wat was die historiese uitgee van bloed per dag.

Die departement nodig ten minste 3 500 eenhede bloed per dag vir hospitale.

Waarvan Upington alleenlik 40 / 45 eenhede bloed daagliks benodig en dit gaan daar waar die nood ontstaan.

Hendrika Beukes van die SANB Upington tak het haar dankbaarheid teenoor die gereelde bloedskenkers van die Namakwa- distrik uitgespreek.

Junie staan bekend as bloed skenk maand.

“Baie dankie vir jul onbaatsige diens wat u hulle lewer. Jaarliks in Junie word die getroue bloedskenkers gevier, onder die tema: “die mense agter die bloed,” het Beukes gesê.

Vereistes wat skenkers moet aan voldoen om bloed te kan skenk:

  • 16 – 75 jaar oud wees en gesond wees, as hulle op enige medikasie is soos byvoorbeeld bloeddruk, cholesterol of diabetes is, mag hulle bloed skenk. Daar moet ‘n sekere minimum en ‘n maksimum wees, as die bloeddruk of die suikervlak te hoog is mag die pasïent dan nie bloed skenk nie.   
  • 50kg en meer weeg en die rede daarvoor is dat jy net genoeg bloed volume in jou liggaam moet hê om te kan skenk. (450ml bloed kan skenk)
  • Iets te ete neem 2/4 ure voordat u bloed skenk
  • Veilige seksuele leefstyl toepas

Bloed word per nag na Bloemfontein vervoer, waar dit toetse ondergaan en teen twee-uur die volgende dag kan dit uit vervoer word na waar dit benodig (nood) word.

Skenker gee toestemming dat hul bloed gestoets kan word.

Daar word getoets vir MIV, seksueel oordraagbare siektes, hepatitis B en C (wat in die lewer bly) en dan vir die bloedgroep, om te verseker dat die bloed eenheid veilig is.

Elke tweede maand in Namakwa word daar bloed geskenk.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *