Die Springbok-landdroshof het ‘n voormalige munisipale bestuurder van Nama Khoi Munisipaliteit, Mnr Aubrey Baartman (63) skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur en Bedrog.
Valke woordvoerder, Luitenant-kolonel Tebogo Thebe het bevestig dat die skuldig bevinding het Maandag, 12 Junie 2023, plaasgevind het.
Baartman en drie ander samesweerders het talle hof verskyning gemaak nadat hulle beskuldig is van bedrog wat gedurende Junie 2013 by Nama Khoi Munisipaliteit plaasgevind het.
“Die ander drie beskuldigdes is op alle aanklagte vrygespreek. Die voormalige munisipale bestuurder is daarvan beskuldig dat hy ‘n tender toegeken het vir die verskaffing van plaveistene en randstene ter waarde van R79 966 559-70 sonder om die korrekte tenderprosedures te volg,” het Thebe gesê.
Die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan het die saak suksesvol ondersoek en beskuldigde in Junie 2021 voor die hof gebring deur middel van ‘n lasbrief om in die hof te verskyn.
Saak uitgestel na Donderdag, 14 September 2023 vir vonnisoplegging.
