Twee voortvlugtende verdagtes deur die SAPD opgespoor

 Twee voortvlugtende verdagtes deur die SAPD opgespoor

Twee verdagtes van onderskeidelik 23 en 39 sal na verwagting in die Galeshewe- en Postmasburg-landdroshof verskyn ná hul inhegtenisneming op Dinsdag, 31 Mei 2022.

Albei verdagtes het arrestasies ontduik nadat hulle ernstige en gewelddadige misdade soos verkragting, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer in Galeshewe en Postmasburg onderskeidelik gepleeg het.

Daar word beweer dat die 23-jarige verdagte tussen 18 en 22 Mei 2022 ‘n 18-jarige slagoffer ontvoer en verkrag het en van die toneel gevlug het om die arrestasie te ontduik.

“Die Provinsiale Opsporingspan is geaktiveer wat die verdagte suksesvol opgespoor en aangekeer het. Hy is gearresteer nadat die opsporingspan inligting ontvang het, wat hulle na die veld tussen Colville en Santa Centre gelei het waar die verdagte gevind is, waar hy geskuil,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder gesê.

In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 39-jarige verdagte wat op vlug van die polisie was in verband met vier verskillende sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer (GBH) en ontvoering ook deur die Noord-Kaapse Provinsiale Opsporingspan gearresteer in Postmasburg.

Die verdagte is gesoek vir die aanranding en ontvoering van vier vroue van tussen 26 en 35 jaar oud by afsonderlike geleenthede in Postmasburg.

Tawana het gesê dat die waarnemende Adjunk-Provinsiale Kommissaris vir Misdaadopsporing, Brigadier Nicky Mills het die Opsporingspan geloof omdat hulle die gesoekte verdagtes aan die hof gebring het. 

Bernadine Hearn

Related post