Suksesvolle operasies uitgevoer in die Noord-Kaap tydens die Paas naweek

 Suksesvolle operasies uitgevoer in die Noord-Kaap tydens die Paas naweek

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Talle misdaadintelligensie-gedrewe operasies is sedert 15 April 2022 regoor die Noord-Kaap uitgevoer, en op 18 April 2022 afgehandel.

Die polisie se Paasnaweek-misdaadvoorkomingsbedrywighede is uitgevoer in die provinsie se vyf distrikte; naamlik Frances Baard, John Taolo Gaetsewe, Namakwa, ZF Mgcawu en Pixely Ka-Seme.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het gesê dat die operasies gefokus het op mensehandel, dwelmhandel, oortredings ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer, die Noord-Kaapse Drankwet, ongedokumenteerde persone, veediefstal, aanranding, geslagsgebaseerde geweld (GBV), voertuigdiefstal, openbare drank-gebruik, dronkbestuur en verkeersoortredings.

Verskeie klopjagte en beslagleggings, wat gekonsentreer het op dwelmhandel, was uitgevoer by geïdentifiseerde wonings in die verskillende distrikte.

Talle stop- en deursoekings en voertuigkontrolepunte op nasionale en sekondêre paaie, is ook regdeur die provinsie uitgevoer.

Die provinsie se polisie-ondersteuners, buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums het ook verseker dat vakansiegangers en inwoners veilig was gedurende die Paasnaweek.

Die operasie het die konfiskering van dwelms, dagga, drank, die beslaglegging van gevaarlike wapens anders as vuurwapens, voertuigsoektogte, persone wat deursoek is, statiese padblokkades en voertuigkontrolepunte wat uitgevoer word, ingesluit.

Nakomingsinspeksies is ook by snoepwinkels, tweedehandse handelaars en drankwinkels uitgevoer.

Altesaam 295 verdagtes is oor die Paasnaweek in die Noord-Kaap aangekeer en in hegtenis geneem.

“Die beraamde straatwaarde van dwelms en dagga waarop beslag gelê was, beloop R347 365.

532 Boetes is uitgereik en daar is beslaggelê op 28 gevaarlike wapens.

5 554 Voertuie en 10 717 persone is gestop en deursoek.

9 Statiese padblokkades is uitgevoer op alle hoofpaaie wat na en uit die provinsie lei, met 57 voertuigkontrolepunte.

Nakomingsinspeksies was by 303 drankwinkels uitgevoer, insluitend tavernes, waartydens 2 591 liter drank gekonfiskeer is en 3 289 snoepies oral in die provinsie besoek is.

Tawana het gesê dat die aangekeerde verdagtes na verwagting in die onderskeie landdroshowe in die vyf distrikte sal verskyn op verskeie klagtes wat wissel van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, handel in dwelms, dronkbestuur, verkeersoortredings, openbare drankgebruik en aanranding.

Bernadine Hearn

Related post