Suksesvolle polisie-operasies in drie onderskeie distrikte

 Suksesvolle polisie-operasies in drie onderskeie distrikte

Foto: Verskaf -Facebook

Kimberley: Die bestuur van die polisie in die Noord-Kaap is verheug oor die uitstaande dwelm suksesse wat lede in onderskeidelik die Frances Baard-, Namakwa- en Pixely Ka-Seme-distrikte behaal het ná die arrestasie van drie verdagtes met dwelms ter waarde van meer as R1. 3 miljoen.

Die verdagtes is op Dinsdag, 12 Julie 2022 in hegtenis geneem tydens afsonderlike misdaadintelligensie-gedrewe operasies in Francis Baard, Namakwa en Pixley Ka Seme Distrikte.

Lede van die Hartswater K9- en Kimberley K9-eenhede het takties opgetree op inligting oor ‘n vrou wat dwelms uit haar rooi Range Rover, by Hartswater-taxistaanplek, handel dryf.

Die verdagte se voertuig is deur beide polisiebeamptes en die narkotiese hond “Eddie” deursoek en geen dwelms kon in die voertuig gevind word nie. Die soektog het voortgegaan na die verdagte se huis in Uitbreiding 7 in Taung.

“Tydens die soektog by die verdagte se huis het die narkotiese hond “Eddie” positief gereageer en die hanteerder na die verdagte se slaapkamer gelei waar sy die dwelms versteek het. Die kristalmeth wat 12,7 gram ter waarde van R3 810.00 weeg, los dagga wat 5,40 kilogram weeg, ter waarde van R21 600.00, insluitend heroïen wat 2,85 kilogram ter waarde van R1, 289 850.00 weeg, is ontdek,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder gesê.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Taung-landdroshof verskyn op aanklag van die handel in dwelms.

In ‘n aparte operasie het die Springbok-sigbare polisie, Upington K9-eenheid, lede van die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum en DPCI ‘n 34-jarige man met 312 Boss-mandrax-tablette ter waarde van R24 960.00 onderskep. Die span het inligting geoperasionaliseer wat hulle ontvang het oor ‘n man wat in ‘n voertuig gery het wat vermoedelik in besit was van ‘n dwelmbesending. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van mandrax-tablette.

In ‘n derde voorval sal ‘n 32-jarige verdagte na verwagting binnekort in die Prieska-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van handel in dwelms. Die verdagte is deur die Prieska sigbare polisielede in Steenbok Single in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming van die verdagte het gekom nadat die polisie opgetree het op inligting oor ‘n gesoekte huisbraak verdagte wat moontlik by die perseel van die man wat vermoedelik in dwelms handel dryf, wegkruip.

Tawana het gesê met aankoms by die perseel kon ‘n gesoekte verdagte nie gevind word nie. ‘n 32-jarige man wat op die perseel gevind is, is egter deursoek en in besit gevind van 40 klein ritssluitsakkies wat kristalmeth bevat, wat 8,84 gram weeg, ter waarde van R2000.00, twaalfkwart mandrax-tablette ter waarde van R360.00, vyf pakkies dagga ter waarde van R50.00 insluitend kontant ter waarde van R360.00 wat vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel is.

Die polisie sal voortgaan om die spasie vir dwelmhandelaars te knyp.

Sunè Cloete

Related post