Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit het die toevoerpunte wat elektrisiteit aan Nababeep, Okiep, Carolusberg en Concordia verskaf, as kritieke toevoerpunte geïdentifiseer, aangesien die primêre waterverspreidingspompstasies in die elektriese netwerke ingebed is.

Om die pompstasies aangeskakel te hou tydens Fase 5 en 6 beurtkrag, vereis Eskom dat die munisipaliteit die aanvraag in hierdie dorpe verminder, om die betrokke pompstasies aangeskakel te hou om water te versprei.

Die prosedure behels die afskakeling van areas en die isolering van die kraglyne wat die elektrisiteitspompstasies voorsien.

Nama Khoi het nie afstandgeoutomatiseerde stroombrekers wat by hierdie strategiese nodusse geïnstalleer is nie, en moet op mannekrag staatmaak om lasvermindering te implementeer.

Ongelukkig kan dit lei tot die langer duur van kragonderbrekings as gevolg van die afwesigheid van outomatiese afstandbeheerde stroombrekers, en die implementering van ‘n tydrowende skakelprosedure.

Die Munisipaliteit beplan tans die oorskakelingsprosedure tot ‘n optimum, om doeltreffendheid te verseker en om die doelwit vir lasvermindering te bereik.

Die elektriese span sal die prosedure vir beurtkrag 1 uur voor die amptelike beurtkrag begin implementeer, en die geïsoleerde areas weer verbind sodra beurtkrag beëindig is.

Bogenoemde dorpe sal geraak word as gevolg van die huidige geïnstalleerde stroombrekers en kraglynskakelaars.

Nama Khoi maak staat op inwoners se samewerking, om ten einde watertoevoer aan alle huishoudings te verseker, tydens hoër stadiums van beurtkrag.

Watertekorte moet by die munisipale bystandnommer gerapporteer word, by 079 924 3092.

February 12, 2024

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *