Operasie Shanela, die multidissiplinêre, intelligensiegedrewe misdaadbekampingsoperasie gaan onverpoosd voort om die misdaad in al vyf distrikte in die provinsie te bekamp.
Hierdie ontwrigtende aksies het op Donderdag, 08 Februarie 2024 begin en tot Sondag, 11 Februarie 2024 geduur.
Polisiewoordvoerder, Sersant Molefi Shemane het bevestig dat dit bewusmakingsveldtogte, stop en soektogte; voertuigkontrolepunte (VCP’s); padblokkades; hoë sigbaarheid patrollies; voetpatrollies, die opsporing van gesoekte verdagtes nakomingsinspeksies by drankafsetpunte; snoepies, besighede, tweedehandse goedere handelaars, skrootwerwe en besoeke aan formele en informele besighede en plase, ingesluit het.
As deel van die Veiliger Skole-program het SAPD-lede skole besoek en leerders en opvoeders oor veiligheidskwessies toegespreek.
Die Provinsiale Kommissaris, vergesel deur die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, het op 08 Februarie 2024 ‘n plattelandse skool in die Mothibistad-polisiëringsgebied besoek waar hulle skoolskoene en goodie bags aan die leerders oorhandig het.
Talle voertuigkontrolepunte en padblokkades is in al vyf distrikte uitgevoer waartydens 1 601 voertuie en 2 499 persone voorgekeer en deursoek is.
Winkelsentrums en komplekse sowel as taxistaanplekke is gepatrolleer om sigbaarheid in die brandpuntgebiede te verhoog.
“Tydens die weeklikse polisie-operasies is altesaam 173 verdagtes gearresteer vir ‘n verskeidenheid misdade, insluitend ongedokumenteerde persone, onwettige handel in drank, handel in dwelms, rooftogte, moord, poging tot moord, huisbraak en diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met opset om ernstig te beseer,” het sersant Shemane gesê.
Speurders het 119 daaglikse gesoekte verdagtes opgespoor en gearresteer omdat hulle versuim het om hofverskynings by te woon.
Tydens die aksies is beslag gelê op duisende liters alkoholiese drank, kontant, dwelms soos crystal meth (tik), dagga en daggaplante.
Die Provinsiale Kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het alle SAPD-lede en eksterne rolspelers, insluitend die GPF-strukture, waardeer vir hul meedoënlose pogings in die strewe om die provinsie van misdadigers terug te eis.
Sy het die Distrikskommissarisse en Senior Bestuurders bedank vir die leiding van die operasies en die neem van beheer van die aksies.