Die SAPD Noord-Kaap waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga en sy bestuur verwelkom die 20 jaar tronkstraf wat deur die Kuruman-streekhof aan die 29-jarige Tholang Milton Mokgoro opgelê.
Dit ná die verkragting van ‘n 61-jarige vroulike slagoffer in die dorpie Gamokatedi, Tsineng op Saterdag, 24 September 2021.
‘n Polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam het bevestig dat dit op die genoemde dag was die slagoffer by haar kraal besig om vee te tel.
Sy het die beskuldigde by die krale ontmoet aangesien hy ook besig was om hulle s’n te tel.
“Hulle het die krale saam verlaat huistoe na die teloefening, maar die beskuldigde het skielik haar arm gegryp en die slagoffer op die grond gedwing en haar verkrag,” het Sam gesê.
Die beskuldigde het die slagoffer op die grond laat lê en na hul wonings gehardloop.
Die slagoffer het hom agternagesit en kon hom nie kry nie toe hy uit die woning gevlug het.
Sy het hom by sy ouma gaan kla en die saak verder ook by die polisie aangemeld.
Die beskuldigde is 2 dae daarna gearresteer en aangekla van die beweerde verkragting van die slagoffer.
Sam het gesê dat die slagoffer tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is vir verkragting en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seksoortredersregister aangeteken word en is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Generaal-majoor Ngubelanga het die ondersoekbeampte, speurder-sersant Matshidiso John Boikanyo, geprys vir die feit dat hy verseker het dat die beskuldigde aan die hof gebring word en ondersteuning aan die slagoffer van geslagsgebaseerde geweld gegee is.