Hoërskool Namakwaland het gisteraand (14/08/2024) die Eisteddfod in Springbok aangebied en het plaasgevind in hul vergadersaal.
Die saal was vol van trotse ouers, wat met opgewondenheid na die optredes van hul kinders gaan kyk het.
Met die aankoms by die Eisteddfod was die gaste begroet met ongelooflike kunswerke wat deur die kreawiteit leerders vasgevang was.
Dit kan beskryf word as ‘n terugblik op die kunstenaars se huidige gemoedstoestand, en die kunswerke neem jou op ‘n avontuur deur die kunstenaar se verbeelding.
Verkseie skole in die Nama Khoi regsgebied het deel uitgemaak van die vermaaklikheidsaand.
Die skole was onder andere; Okiep Hoërskool, Sacred Heart Hoer- en laerskool, SA Van Wyk, Dr. Izak Van Niekerk, St. Anna skool vir dogters, en die gasheerskool – Hoerskool Namakwaland.
Van die leerders het tydens hul klaviersolo’s toorkuns met melodieë uitgevoer, terwyl ander harmonie met hul duette weerspieël het.
Die klaviersolos was gevolg deur gedigte wat die gehoor se aandag gedboei het.
Paula Swartz het ‘n gedig uitgevoer wat een van haar oorspronklike werke was wat niks minder as merkwaardig was nie.
Die gedig is getiteld !Xhounaar en dit beskryf Namakwalandse kultuur.
Die gehoor was se aandag was vasgevnag tydens die optredes van twee leerders van Hoërskool Okiep.
Die gedig van Roderick Carroll leerder van bogenoemde skool het gedig voorgedra wat fokus op Geslagsgebaseerde geweld, depressie en verlange.
Die tweede optrede was ‘n kontemporere dansstuk wat die ontstuimige en ondersteunende aspekte van romantiese verhoudings uitgebeeld het.
Verkseie skoolkore het die aand afgesluit met ongelooflike melodieë en harmonies.
