Vedandta Zinc International het onlangs Brandvoorkomingstoerusting ten bedrae van R150,000 aan die Namakwa Distriksmunisipaliteit geskenk.

Die Bystand vir Brand- en Rampbestuur vorm deel van die mynmaatskappy se Maatskaplike en Arbeidsplan en is in lyn met hul eerste waarde van Veiligheid.

Dit sal verseker dat die Distriksmunisipaliteit ten volle toegerus is in geval van nood!

Intussen terwyl Black Mountain werkersmaand vier, het een van die werknemers Oyanga Nontsimi iets te sê oor #LifeAtVedanta.

Hy is sedert 2021 by die Black Mountain-bedrywighede waar hy aangesluit het as ‘n gegradueerde en is nou ‘n Asset Optimization Specialist.

“Wat ek die meeste daarvan hou om by Vedanta te werk, is dat ek tuis voel weg van die huis af. Ek hou van hoe die spanne saamwerk. Black Mountain Mine moedig en verwelkom nuwe idees, elke dag is opwindend en vol geleenthede om te leer en te groei,” het Nontsimi gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *