Die bestuur van Gamsberg Myn (Black Mountain Mining (Edms) Bpk.) bevestig ‘n Hoë Potensiële Insident by sy Gamsberg Mynboubedrywighede op 10 Januarie 2024, plaasgevind het.
Die voorval het omstreeks 14:12 aan die oostekant van die Gamsberg-mynbedrywighede plaasgevind waar ‘n Rigid Dump Truck oor die kruin van vlak 1050 gegaan het en op sy rug op vlak 1035 beland het met die operateur binne.
Die operateur is beseer en na Kaapstad oorgeplaas vir verdere mediese sorg:
“Die operateur is deur die mediese dokter op die terrein versorg en sy familie is dienooreenkomstig ingelig voordat hy per helikopter na Kaapstad geneem is vir behandeling. Ons gedagtes en gebede is by hom en sy gesin vir ‘n volle en spoedige herstel,” het Xolani Qamata, Gamsberg Hoofbestuurder, gesê.
Ondersoek na die oorsaak van die voorval is aan die gang.
VZI-bestuur versoek dat werknemers, insluitend sakevennote, en gemeenskapslede hierdie voorval met die sensitiwiteit wat dit vereis hanteer en hulle weerhou van spekulasie en verspreiding van valse gerugte.
Pieter van Greunen, bedryfshoof, het afgesluit: “Ons is diep hartseer oor hierdie ongelukkige voorval en bid vir ‘n spoedige herstel. By VZI is Veiligheid ons nommer een waarde en ons bly daartoe verbind om ‘n werkplek te bied wat Veilig, Gesond en Toegerus is waar al ons kollegas kan kom werk en elke dag veilig en gesond huis toe kan gaan.”
