In Vedanta Zinc International se pogings om die werkplek te transformeer, is die mynreus toegewyd om ‘n werkplek te verseker waar al hul kollegas veilig kan voel.

“Ons wens al ons Suid-Afrikaanse kollegas ‘n gelukkige Werkersdag toe, het Vedanta Zinc International Woensdag (01/05/2024) gesê.  

“Ek is trots om deel te wees van ‘n organisasie waar die welsyn van al ons kollegas en belanghebbendes topprioriteit is. By Vedanta glo ons dat ons kollegas ons grootste aanwins is en ons maak seker dat ons alle maatreëls instel om ‘n werkplek te verseker wat net so veilig en regverdig is. ‘n Gelukkige Werkersdag word julle almal toegewens,” het Chris Griffith, Uitvoerende hoof Vedanta basismetale, gesê.

“Wat ek die meeste waardeer om vir Black Mountain te werk, is dat die maatskappy nie net produktiwiteit prioritiseer nie, maar ook kyk na die verskaffing van geleenthede om oor alle aspekte van die besigheid te leer. Dit maak elke dag fassinerend en vol geleentheid vir groei,” het Tebogo Senoamadi, Myn beplanner gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *