Vroeër hierdie week het die Namakwa Distriksmunisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan verteenwoordigende forumvergadering plaasgevind met verskeie sektordepartemente en munisipaliteite wat die vergadering bygewoon het.

Mnr Sydney Adams, Munisipale Bestuurder het die opening en verwelkoming waargeneem.

Munisipaliteite en sektordepartemente het insette oor hul 2024/2025 geïntegreerde ontwikkelingsplan-projekte gemaak.

Die Uitvoerende Burgemeester, mnr. Mervin Cloete het in sy slotopmerkings gesê ons moet die komende ekonomiese ontwikkeling by ons beplanning insluit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *