Vedanta Zinc International wil hul hartlike gelukwensing deel aan agbare Dr. Zamani Saul vir die herverkiesing as Premier van die Noord-Kaapse Provinsiale Regering vir die 7de Provinsiale administrasie.
“Ons vennootskap met die Noord-Kaapse Provinsiale Regering is een met ‘n wedersydse visie van “‘n morderne, inspirerende, responsiewe, proaktiewe en aktivistiese wetgewer wat die aspirasie van die mense van die Noord-Kaap bevorder. Ons sien uit na deurlopende samewerking en vennootskappe met die provinsiale regering om vir goed te transformer,” het Chris Griffith, uitvoerende hoof van Vedanta Base Metals gesê.
