Die Speaker, dr Gustav Bock van die Nama Khoi Munisipaliteit, saam met Raadslid Mario Baadjies van Wyk 5 Bergsig wil graag hul opregte dank en waardering uitspreek aan elke inwoner wat deelgeneem het aan die opruimingsveldtog in een van die munisipaliteit se geliefde dorpe.

Die gemeenskap se harde werk en samewerking het ’n merkbare verskil gemaak in die netheid en skoonheid van Bergsig.

“Julle toewyding om sekere dele van ons dorp wat baie vuil was op te ruim, is inspirerend en ’n voorbeeld van ware gemeenskapsgees. Ons is trots om te sien hoe almal saamgewerk het om ’n skoner en gesonder omgewing te skep,” het die Speaker gesê.

Speaker Bock en Raadslid Baadjies wil elkeen bedank vir hul tyd en energie wat hulle opgeoffer het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *