Ná Internasionale Dag van Vroue in Mynbou, het Vedanta Zinc International vir Vedanta Base Metals se uitvoerende hoof, Chris Griffiths, gevra wat dit vir hom beteken.

“Internasionale Dag van Vroue in Mynwese dui vir my op die vordering wat gemaak is om ‘n globale mynbedryf te vorm wat vroue se insluiting bevorder en geslagsgelykheid bemagtig. Die tema “Ek myn en ek behoort” is ‘n sterk weerspieëling van die vordering wat gemaak is vir almal in die mynwese om opreg tuis te voel. Dit bevestig die posisie dat die bedryf ten goede verander en bemagtig almal wat deel daarvan is om hul volle potensiaal te bereik. Ek wens al die vroue in Mynwese ‘n wonderlike viering toe en moedig jou aan om na te dink oor hierdie prestasies wat gemaak is ten opsigte van geslagsgelykheid, inklusiwiteit en diversiteit in die globale mynbedryf,” het Griffiths gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *