Die multi-dissiplinêre span wat Operasie Vala Umgodi in Kleinsee in die Namakwa-distrik uitvoer, het ‘n 21-jarige Lesotho burger gister vir beweerde besit van ongeslypte diamante in Kleinsee gearresteer.

Die span was besig met roetine-inspeksies by ‘n voertuigkontrolepunt naby Kleinsee, het die verdagte gestop en deursoek en vermoedelik ongeslypte diamante in sy besit gevind.

“Hy kon nie ‘n redelike verduideliking gee vir die besit van die vermeende diamante nie en kon ook nie dokumentasie aan die immigrasiebeamptes verskaf dat hulle wettig in die land is nie. Die verdagte is daarna in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn,” het polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam, gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *