Vedanta Zinc International (VZI) het met trots ’n belegging van R14,2 miljoen aangekondig, om ‘n Onkologie Chemoterapie-eenheid by die Dr. Van Niekerk Hospitaal in Springbok te vestig.

VZI het ICON Oncology Holdings aangestel om die Onkologie Chemoterapie projek te implementeer.

“In ooreenstemming met ons reis om ons gemeenskappe 100% te transformeer deur gesondheid, maatskaplike- en omgewingsontwikkeling, onderwys en ekonomiese uitkomste, het ons saamgewerk met die Noord-Kaapse Provinsiale Regering en die Departement van Gesondheid, vir die stigting van ‘n Onkologie Chemoterapie-eenheid in Springbok, die administratiewe hoofstad van die Namakwa-distrik,” sê Pushpender Singla, die besturende direkteur en finansiële hoof van Vedanta Zinc International gesê.

Die tydraamwerk vir die beplanning en konstruksie van die Onkologie Chemoterapie-projek word geskat op sowat 8-maande en sal in twee fases uitgevoer word.

Fase 1 gaan fokus op die konstruksie van die eenheid en fase 2 op die akkreditasie van die Onkologie Chemoterapie-eenheid.

Die Premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, het sy ondersteuning en entoesiasme vir die projek gedeel: “As die Noord-Kaapse Provinsiale Regering, verwelkom ons hierdie belegging in die Namakwa-distrik, wat sal verseker dat ons mense van Namakwa onmiddellike toegang tot chemoterapie het. Ons wil VZI bedank dat ons saam kan werk, hul toewyding na te volg en ons gemeenskappe op hul reis te neem van groei.”

Die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, het gesê: “Die departement van gesondheid verwelkom die ruim bydrae, gelewer deur VZI van die Onkologie-eenheid by Dr. Van Niekerk Hospitaal in Springbok. Dit kom op ‘n kritieke oomblik waar onkologiegevalle in die Noord-Kaap toeneem. Ons is beslis bly aangesien dit die verwysings na Kimberley van die hele westelike helfte van ons sal verminder in die Provinsie.”

Die stigting van hierdie onkologie-eenheid om die Namakwa-distrik te bedien, is een van VZI se grootste Korporatiewe Maatskaplike Beleggings (CSI) om te verseker dat sy gemeenskappe toegang tot die nodige gesondheidsorg het.

Singla sluit af: “Vir die volhoubaarheid van die Onkologie Chemoterapie-eenheid, sal VZI en die Departement van Gesondheid ‘n Memorandum van Verstandhouding (MOU) onderteken vir die volledige oorhandiging van die eenheid sodra sy totstandkoming voltooi is. Die fasiliteit sal in sy geheel bestuur word deur die Provinsiale en Distriksdepartement van Gesondheid.”

VZI glo dat dit ‘n positiewe impak kan hê en bydra tot die verwesenliking van geïntegreerde en inklusiewe ontwikkeling van die land; dat die volhoubare ontwikkeling van die besigheid afhanklik is van langdurige en wedersyds voordelige verhoudings met alle belanghebbendes, veral die gemeenskappe wat geraak word, deur sy mynaktiwiteite; en dat vennootskappe met die regering, maatskappye en die burgerlike samelewing/gemeenskap instellings bied en ‘n sterk vermenigvuldiger vir die aanvulling van pogings, hulpbronne en om volhoubare oplossings op te bou.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *