Die Veiliger Feesseisoen-operasies het aansienlike dwelmsuksesse in Springbok opgelewer toe twee mans aangekeer en gearresteer is vir die handel in dwelms ter waarde van sowat R30 000-00.

Luitenant kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder het in ‘n verklaring bevestig dat op Maandag, 20 November 2023 om ongeveer 15:00 het die Springbok Openbare Orde Polisiëringseenheid op die eerste vermeende dwelmhuis in Bergsig toegeslaan.

By diè dwelmhuis is ‘n 27-jarige man met 82 Mandrax-tablette en 44,72g Tik met ‘n geraamde straatwaarde van R20 000-00 gearresteer.

“Die tweede huis is in Vaalwater geleë en ‘n 36-jarige manlike verdagte is op heterdaad betrap met 3 Mandrax-tablette, 18,98g Tik en 1,04kg dagga alles ter waarde van sowat R10 000-00,” het Kock gesê.

Die twee verdagtes is van die handel in dwelms aangekla en sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Kock het gesê dat die distrikskommissaris vir Namakwa, brigadier Schalk Andrews het die Openbare Orde Polisiëring-eenheid geloof vir hul onverpoosde pogings om ons strate van dwelms ontslae te raak en het herhaal dat die Suid- Afrikaanse Polisiediens gereed is om die provinsie veilig te hou gedurende die Feestyd en daarna.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *