Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die aantal voorvalle met betrekking tot diefstal uit motorvoertuie met kommer opgemerk.

Die polisie versoek dat die publiek die volgende veiligheidsmaatreëls nakom en implementeer om hierdie gebeurtenis hok te slaan, veral aangesien ons die Feesseisoen binnegaan:

*Moenie jou vuurwapen in die motorvoertuie se “glove compartment” (cubbyhole) of enige plek in die voertuig los wanneer jy die voertuig parkeer (dit is teen die wet).

*Maak seker dat al die deure en vensters behoorlik gesluit is wanneer jy jou motor parkeer.

*Waardevolle items soos ‘n skootrekenaar, handsakke, inkopiesakke, kontant en kameras moet in die kattebak van jou motor en buite sig toegesluit wees.

*Wees bewus van mense wat jou nader en jou inlig dat jy ‘n pap band het, die bedoeling kan wees om items te steel wat hulle binne die motor sien.

*Hou die deure te alle tye gesluit en vensters toe, veral wanneer jy in die dorp ry.

*Moenie ‘n selfoon gebruik tensy jy ‘n handvrystel het nie, want dit kan ook misdadigers na jou voertuig lok.

*Parkeer snags in goed beligte areas.

*Moenie jou sleutels in die “ignition” los nie.

*Verwyder afhaalbare radio’s en die radio se gesig wanneer jy uit die motor klim.

*Probeer om ‘n alarm en/of anti-diefstal toestel in jou motor te installeer.

*Gebruik parkeerareas met ‘n parkeerwag of toesig/ iemand wat patrolleer, anders probeer parkeer in plekke wat goed belig is en nie naby bosse of geboue waar oortreders kan wegkruip.

Luitenant Kolonel Sergio Kock

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *