Die twee manlike verdagtes, die 19 jarige Kgotso Gaobuse en die 41 jarige Mosimanegape Bloem, het kortliks in die Kathu-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 31 jarige Mohammed Ferazi en die roof van die snoepwinkel waar hy gewerk het.
Die voorval het op 8 Oktober 2024 omstreeks 12:45 in Kathu plaasgevind.
Die 31-jarige winkelwerknemer is tydens die besigheidsroof aangeval en het noodlottige kop- en liggaamsbeserings opgedoen.
Die saak is tot 15 Oktober 2024 uitgestel, en die verdagtes sal in aanhouding bly.
Die ondersoek duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content