Black Mountain Mining Complex het hul vier weke inligtingsessie op Radio Nfm op ‘n hoë noot afgesluit.
Die Menslike hulpbronne bestuurder Garth Boersna, tesame met sy adjunk menslike hulpronbestuurder Louise van den Heever het die sessie op Hamba Khaya op Radio Nfm kom aflsuit.
Met Dewald Rooi aan die stuur van die bus, het die trio die vierde been van die maatskaplike ontwikkelingsplan van die myn uiteengesit.
Me. van den Heever het verduidelik dat alhoewel die plaaslike indiensnemingsvoorwaardes aangaande die maatskaplike omntwikkelingsplan oor die algemeen die breë Suid-Afrika insluit, dit hulle tot die Khâi Ma munisipale area verbind.
Eenvoudig gestel, Khâi Ma inwoners geniet voordeel uit dit.
Volgens van den Heever, bly Black Mountain getrou aan hul SLP met die reuse 3 584 mense wat onder hul vleuel is, waarvan 53% van hul werknemers plaaslik is.
Die vaardigheidsontwikkelingsentrum op Pofadder wek trots by die breë Vedanta Zinc International groep met die resultate wat dit oes.
“Hierdie sentrum is een van die inisiatiewe waaroor ons baie trots is oor”, het Boersna gesê.
Hy het bygevoed dat die inisiatief studente bemarkbaar maak vir die plaaslike werksmag en dat besighede toegang verkry tot die vaardigheidsontwikkelingsentrum se databasis om sodoende die aanstellingsproses vir ablei die werkgewer en werknemer voordelig te maak en vergemaklik.
