Volgens sersant Merapelo Pilane, polisiewoordvoerder, het die voorval die middag van 12 Augustus 2022 plaasgevind toe Seatile en ‘n medepligtige ‘n winkel in Longstraat, Kimberley, binnegegaan het.
Hulle het die winkelier met ‘n vuurwapen gedreig en kontant, sigarette en selfone gesteel voordat hulle die slagoffer toegesluit en gevlug het.
Sersant Pilane het gesê danksy die toegewyde pogings van speursersant Eunice Ngono en konstabel Mpumelelo Maruping van die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaadondersoeke is die oortreders vinnig in die Vrystaat opgespoor en aangekeer.
Borgtog is suksesvol teengestaan, wat gelei het tot Seatile se skuldigbevinding en ‘n vonnis van 14 jaar.
Die hof het hom ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
SAPD-bestuur het die polisiebeamptes geloof vir hul onvermoeide agtervolging van veilige strate
