’n Skuldigbevinding en vonnisoplegging van ’n moordbeskuldigde, die 28 jarige Benwill Pico, is op 6 Maart 2024 in die streekhof van Keimoes uitgespreek.

Op 2022-05-10 het die polisie in Keimoes ‘n moordtoneel by die stortingsterrein bygewoon waar ‘n manspersoon met veelvuldige steekwonde aan sy bolyf oorlede aangemeld is.

“Die oorledene het is die 48 jarige Koos Sebolai wat by ondersoek aan die lig gekom het dat hy na bewering deur die beskuldigde Pico gesteek is nadat hy ‘n argument gehad het by die stortingsterrein,” het polisiewoordvoerder Sersant Omphile Masegela gesê.

Die beskuldigde is gearresteer en is op borg vrygelaat tot die tyd van skuldigbevinding toe hy tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis is.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *