Die Suid- Afrika Polisiediens in die Noord-Kaap sal voortgaan met ‘n nulverdraagsaamheidsbenadering teenoor Geslagsgebaseerde geweld en Vrouemoord (GBVF)-oortreders en het die 20 jaar moordvonnis van die 48 jarige Adam Van Rooy in Phillipstown verwelkom.

Op 27 Januarie 2024 het die beskuldigde sy lewensmaat die 51 jarige Sarah Masok wreed met ‘n ysterstaaf geslaan het.

“Sy is daarna deur die polisie oorlede gevind toe hulle die toneel in die Plakkerskamp-nedersetting bygewoon het. Van Rooy is daarna in hegtenis geneem en van moord aangekla,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.

Op 22 Julie 2024 is Adam Van Rooy in die Phillipstown-streekhof tot 20 jaar direkte gevangenisstraf vir die moord gevonnis.

Die provinsiale kommissaris vir die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het speurkonstabel Heroldt Saunders van die Phillipstown-speurders geloof vir sy noukeurige ondersoek wat verseker het dat geen straffeloosheid aan die oortreder van hierdie wrede GBVF-misdaad toegestaan ​​word nie.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content