Die Burgemeester van die Ricthersveld plaaslike munisipaliteit, Cornell Knoph het gister ‘n suksesvolle Burgemeesters Imbizo op Eksteenfontein aangebied vir lede van die gemeenskap.

“Die munisipaliteit kan nie antwoorde gee vir die departemente nie, elke departement moet verantwoordelikheid vat vir dienste wat gelewer moet word en dat ons almal tot diens van die mens is”, het Knoph gesê.

Daar was besluit om die regering na die mense toe te bring.

Die Imbizo was om te besin oor wat verkeerd gedoen word in die munisipale gebied.

Hoe die munisipaliteit kan verbeter op wat die leemtes wat die gemeenskappe ervaar en om haalbare oplossings te vind.

Die gemeenskap het hul misnoeë tenoor die teenwoordigers van die verskeie departemente uitgespreek.  

Vrae was gerig aan die departmente teenwoordig, met vrae vir Gesondheid, Publieke werke en paaie, sowel as Landbou en Sport, kuns en kultuur.

Meer as 3 rondtes vrae was geakkommodeer en die gemeenskapslede was tevrede met die uitkoms van die Imbizo.

Diè tweede Burgermeester Imbizo was suksesvol en was vreedsaam verklaar.

Die Burgermeester het aan die distrikshoofde gesê dat hulle tyd moet maak en die Imbizos bywoon, en antwoorde voorsien soos van hulle verwag word.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *