Die waaksaamheid van die Brandvlei Suid- Afrikaanse Polisiediens Sigbare Polisiëring A-Relief het gelei tot die arrestasie van ‘n manlike verdagte en die konfiskering van dwelms ter waarde van ongeveer R140 000-00.

“Op Vrydag (26/07/2024), het die Brandvlei SAPD inligting opgevolg, en ‘n 42-jarige beweerde dwelmhandelaar voorgekeer en deursoek,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.

 Daar was Mandrax-tablette en Crystal Meth (Tik) in sy besit gevind.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Calvinia-landdroshof verskyn.

Kock sê dat die SAPD moedig die gemeenskap aan om deel te neem aan die “RATE OUR SERVIC “ QR aanlyn opname en die polisie by te staan ​​om ons diens aan die publiek te verbeter.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *