Die polisie bly daartoe verbind om met alle relevante belanghebbendes saam te werk om die uitdagings van onwettige mynbou in die Noord-Kaap aan te spreek.
Die multidissiplinêre spanne bestaande uit die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die Departement van Binnelandse Sake Immigrasiedienste, Springbok K9 en Port Nolloth Misdaadvoorkomingseenhede sowel as Provinsiale Verkeersbeamptes, het 22 (Twee-en-twintig) verdagtes vir onwettige mynbou gearresteer en oortreding van die Immigrasiewet tydens bedrywighede wat op Donderdag (25/07/2024), begin het.
Die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam het gesê dat die span in die Namakwa-distrik 15 (vyftien) ongedokumenteerde immigrante tydens voertuigkontrolepunte (VCP’s) by die Port Nolloth/Kleinsee-kruising en Bontakoe informele nedersetting aangekeer het.
Die span het ook verkeersboetes vir verskeie verkeersoortredings uitgereik.
Die verdagtes word aangehou om deur die amptenare van die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste verwerk en geverifieer te word voordat hulle formeel aangekla en aan die hof voorgelê word vir deportasie.
“In die Frances Baard-distrik het die span 7 (sewe) verdagtes vir onwettige mynbou gearresteer en ongedokumenteerde buitelandse burgers aangehou vir verifikasie deur die departement van binnelandse sake, amptenare van immigrasiedienste,” het Kock gesê.
Daarbenewens het die span 2 (twee) groot gebeurtenisse in Kimberley gepolisïeer deur misdaadvoorkoming en sigbaarheidspatrollies.
Daar is tydens bedrywighede beslag gelê op talle mynimplemente wat vermoedelik gebruik word in die pleging van onwettige mynmisdrywe.








