1 270 gesinne regoor die Nama Khoi-munisipaliteit in die hartjie van die Noord-Kaap sal humanitêre ondersteuning ontvang van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) met hul langdurige vennootskap met die Imbumba-stigting en die Nama Khoi Munisipaliteit.
Deur hierdie vennootskap het gesinne wat groot verliese en skade beleef het aan hul eiendomme nadat die Buffelsrivier oorstroom het, sal humanitêre pakkies ontvang.
Die pakkies bevat kruideniersware, komberse en ander huishoudelike voorrade om hulle deur te dra tydens die feestyd.
Die oorstromings, wat einde Junie plaasgevind het, het duisende mense afgesny en raak steeds gemeenskappe in Nama Khoi, Richtersveld, Kamiesberg en Kleinzee.
“Die NOK het ‘n staande posisie om gemeenskappe in nood te ondersteun as gevolg van natuurlike rampe. In onlangse tye was die Korporasie een van die eerstes wat in die nietige tyd met korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid intervensies navore gekom het. Die impak wat IDC het, weerspieël die meetbare waarde van vennootskappe met gevestigde humanitêre reageerders soos die Imbumba-stigting – ‘n jarelange vennoot met gevestigde omvang regoor die platteland en afgeleë gemeenskappe,” sê Tshepo Ramodibe, IDC se hoof van korporatiewe sake.
Die Imbumba-stigting het ‘n gevestigde rekord en vennootskap met die IDC, wat tydens die Covid-19-uitbraak begin het, om gemeenskappe in nood te ondersteun.
Die vennootskap het gemeenskappe in die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal,
Mpumalanga en Gauteng gehelp wat deur verskeie natuurrampe geraak is.
Richard Mabaso, die innoverende sosiale entrepreneur, stigter en uitvoerende hoof van die Imbumba-stigting, het gesê “Dit is deur sulke vennootskappe wat die Stigting kan op die grond wees om gemeenskappe by te staan wat die meeste deur maatskaplike kwessies geraak word. Ons is waarlik dankbaar vir die deurlopende ondersteuning wat ons van die NOK ontvang het. Die gewaardeerde vennootskap het ons in staat gestel om gemeenskappe te help om te herbou en uitdagings te oorkom.”