Die Namakwa-distriksmunisipaliteit se 2-daagse virtuele ekonomiese groeiberaad is tans aan die gang.

Die eerbare Uitvoerende Burgemeester, mnr. Mervin Cloete, het die skare en prominente gaste verwelkom.

Die LUR Vir Finansies en ekonomiese ontwikkeling, Abraham Vosloo het tydens sy toespraak gesê dat die Konferensies wat in die vyf distrikte gehou word, opbou tot die groter en belangriker Provinsiale Beleggingskonferensie.

Die Provinsiale Konferensie word beoog om vroeg in 2024 afgehandel te wees.

Die LUR het bygevoeg dat die Namakwa distrik die toonbeeld is van ekonomiese groei in die provinsie se sosiale media platform.

Die Noord- Kaapse Premier, dr. Zamani Saul het op sy beurt laat hoor dat ontwikkeling definitief aan die gebeur is, met mega projekte wat werk kan skep en die ekonomiese sone positief kan omkeer.

Hy het bygevoeg dat plaaslike besighede hulself moet vereenselwig met die wil om te groei en hulself moet bemagtig.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *