Premier Dr. Zamani Saul het gister die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) onder leiding van die ondervoorsitter, mev. Sylvia Lucas, verwelkom wat op ‘n week lange toesigprogram in die provinsie is, onder die tema “Bou lewensvatbare provinsiale en munisipale infrastruktuur vir doeltreffende Lewering van dienste aan gemeenskappe”.

Die Program bied aan die Nasionale Raad van Provinsies is ‘n geleentheid om met nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsbelanghebbendes te vergader oor dienslewering en infrastruktuurontwikkeling in die provinsie.

Dit is ‘n deurslaggewende komponent wat die pogings van die regering versterk terwyl hulle hard werk om die lewe vir al die mense in hierdie provinsie beter te maak.

Lede van die Nasionale Raad van Provinsies sal deur die loop van die week verskillende terreine besoek, in die Frances Baard en John Taolo Gaetsewe Distrikte. 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *