Wêreld Vigsdag word jaarliks op 1 Desember gevier.
Op diè dag word die gemeenskap herinner dat MIV/VIGS steeds ‘n werklikheid is.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het klem daarop gelê op die erkenning van die bydrae van gemeenskappe in die beheer van MIV-VIGS.
Vanjaar se tema vir Wêreld-vigsdag is “Laat gemeenskappe lei.”
Gratis toetsing en behandeling vir MIV/VIGS is beskikbaar by gesondheidsorgsentrums in die Namakwa- Distrik.
Dit is beter om jou status te weet as om dit nie te weet nie.
