Die Premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, het ‘n spesiale werksessie met die Departement van Onderwys onder leiding van die LUR, Zolile Monakali, byeengeroep.
Die werksessie vorm deel van verskeie sessies wat die provinsiale regering onderneem het, om te verseker dat hul intervensieprogramme volhoubare oplossings lewer.
Die uitkomste is daarop gemik om die kwaliteit van die onderwysstelsel vir beide primêre en sekondêre onderwys te verhoog, met spesiale klem op graad 12 leerders.
Die provinsiale regering sal voortgaan om met verskeie belangrike belanghebbendes te kommunikeer, wat die privaatsektor, gemeenskappe en vakbonde insluit, om gehalte -onderrig en -onderwys in ons provinsie te verseker.





