Die department van Sport Kuns en kultuur se kantoor op Springbok in samewerking met die Namakwa Distrik Munisipaliteit en ander departmente gaan gister die amptelike Namakwa distrik Menseregte dag herdenk.
Dit het op Goodhouse plaas gevind en was hoogs suksesvol.
Die mense van Goodhouse het in hulle getalle opgedaag en die saal was stampvol.
Goodhouse (Nama: Gádaos) is ‘n dorp in die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit.
Ligging met ‘n landingstrook, op die suidelike oewer van die Oranjerivier, 60 km suidwes van Warmbad en 60 km oos-suidoos van Vioolsdrif.
Die naam is ‘n volksetimologiese verwerking van die Khoekhoen Gudaos, ‘skaapford’, wat na bewering die plek is waar die Namas die Oranjerivier met hul skape oorgesteek het toe hulle van Klein Namakwaland na Groot Namakwaland getrek het.
Die Uitvoerende Burgermeester Mervin Cloete het die gemeenskap gemaan om staatsamptenare verantwoordelik te hou vir kwaliteit dienste in hulle wyk.
“Julle het die reg om goeie dienste te kry vanaf die regering, ons het juis op Goodhouse besluit omrede julle gelyke dienste net soos die mense van Springbok moet kry”, het Cloete gesê.
Raadslid Warren Britz van wyk 3, wat ‘n gedeelte van Steinkopf insluit, Goodhouse, Henkries, Bulletrap en Rooiwinkel insluit.
Britz het ‘n eenvoudige taak gehad en die gaste en die gemeenskap verwelkom en was toegejuig met ‘n warme groet deur die inwoners van Goodhouse.
Die Imbizo was deur middel van ‘n vraag en antwoord sessie hanteer met inligting stallietjies wat opgestel was.
Elkeen het die geleentheid gehad om ‘n vraag na enige department te vra, rakende dienslewering.
Relevante vrae was die orde van die dag.
Bejaarde, Ouma Bock wou weet oor die kwaliteit drink water wat in tenke gestort word en gesondheids risiko inhou, en daar was ‘n aanduidiging is gegee dat mense Nama- Khoi Bestuur al lank wag in Goodhouse.
Nagenoeg 20 kinders was vermaak met hand poppekas moontlik gemaak deur Namakwa Biblioteke, in samewerking met Bertie Boekwurm.
John Saal ‘n lid van die Suid- Afrikaanse Biblioteke vir Blindes het ‘n storie gelees oor Kolskoot uit sy braille boek.
Die blinde leser het die nuuskierigheid van die kinders geprikkel, en hulle het hul verstaar aan Saal, terwyl hy uit sy braille boek gelees het.
Altesaam 15 departmente was in Goodhouse onder andere Sassa, Landbou, Onderwys, GCIS, Sport, Kuns en Kultuur, Coghsta, Publieke Werke en Paaie, Vervoer veiligheid en skakeling.
“Die uitvoerende burgermeester Mervin Cloete wil die gemeenskap van Goodhouse veiligheid toewens met die Paasnaweek, en dat almal sal onthou om die kruisinging van onse Jesus sal herdenk, omdat hy aan kruis vir ons sondes gesterf het,” het Bertie Saal gesê.













