Tshepang Rantao (35) het gister vlugtig in die Kuruman-landdroshof verskyn ná sy inhegtenisneming deur die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan vir beleggingsbedrog.
Die verdagte is op Sondag, 18 September 2022 by Mondeor in Johannesburg opgespoor en in hegtenis geneem.
“Daar word beweer dat die verdagte een van vier mense is wat ‘n valse beleggingsmaatskappy (piramideskema) met die naam Value FX Investment tussen Oktober 2019 en Julie 2020 in Kuruman bestuur het,” het valke woordvoerder, Kaptein Tebogo Thebe, gesê.
Gemeenskapslede het hul geld by die maatskappy belê en sommige is die helfte van hul opbrengs betaal terwyl sommige glad nie betaal is nie.
Daarna het die maatskappy-operateurs verdwyn met die gemeenskap se belegging wat op R3 miljoen geraam is.
Thebe het gesê dat Rantao is die vierde persoon wat van bedrog en geldroetering aangekla word.
Rantao het Maandag, 19 September 2022 by sy medebeskuldigdes by die Kuruman-landdroshof aangesluit.
Ondersoek oor die saak duur voort.
