Richtersveld-munisipaliteit se burgemeester, Cornell Knoph, het op Dinsdag, 24 Oktober 2023 ‘n Burgemeester’s Imbizo gehou.
Dit het plaasgevind in Alexanderbaai.
Tydens hierdie uitreiking is Wyk 5 die geleentheid gebied om enige bekommernisse wat hulle mag hê, uit te spreek.
Die uitreik het ten doel gehad om die munisipaliteit en verskillende departemente bymekaar te bring om kwessies wat deur die gemeenskap van Alexanderbaai geopper is, in te samel.
Departemente het geluister en sal al die kwessies wat genoem word aanspreek om die gemeenskap op te hef.
Die burgemeester was vergesel deur departementshoofde en die bestuur van Richtersveld Munisipaliteit.


















