Die waaksaamheid van lede van Pofadder SAPD het gelei tot die opsporing van die ambulans minute nadat dit na bewering van die hospitaalperseel in Pofadder gesteel is.
Die ambulans was glo voor die hospitaal geparkeer toe dit op Saterdag omstreeks 18:00nm gesteel is.
“Die polisie het minute later die ambulans op die N14 naby die Gamsbergmyn tussen Pofadder en Aggeneys teruggekry,” het polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.
Die twee verdagtes is tussen die ouderdomme 23 en 28 jaar oud en is in hegtenis geneem vir diefstal van ‘n motorvoertuig en sal na verwagting binnekort in die Pofadder-landdroshof verskyn.
