Die ANC in die Namakwa-distrik is opgewonde om op Vrydag, 09 September 2022, die Letsema-veldtog en kaders samekoms amptelik te loods.

Die verrigtinge sal plaasvind by die gemeenskapsaal (Bloudaksaal) op Concordia vanaf 09H00.

Die bekendstelling van Letsema het ten doel om die ANC in die Namakwa-distrik te verening met die mense van Namakwa.

Kiesers word herinner dat die ANC gestig was om altyd deel te wees van radikale verandering, ten bate van alle landsburgers.

‘n Woordvoerder vir die party, Bertie Saal het aan NFM Nuus gesê dat die party nog altyd gemeenskapsgerig sal wees, dus is die kontaksessie belangrik vir ons mense.

“As die regerende party het ons baie instrumentele veranderings gebring. Ons sal voortgaan om verandering te bring soos aangedui in die Verkiesings 5 Punt Manifesto”, vertel Saal.

Die Streeksvoorsitter Kameraad Mervin Cloete en die Uitvoerende Komitee sal die Provinsiale Voorsitter en Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul vergesel by die geleentheid.

“Nagenoeg 650 mense van regoor Namakwa word by die geleentheid verwag, en reëlings verloop volgens plan,” het Saal bygevoeg.

Daar sal verskillende aktiwiteite geskied regdeur die week, tot en met Vrydag.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *