Operasie Shanela bly toegewyd met meer stewels op die grond vir die bekamping van kontakmisdade, dwelmhandel, Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord en om die ruimte vir misdadigers te bekamp.
Die verskerpte polisie-operasies wat op Maandag (22/072024) begin het en tot Sondag (28/07/204) geduur het.
Dit het gelei tot die aankeer en arrestasie van 407 verdagtes vir ‘n reeks oortredings.
Talle polisie-aksies en -aktiwiteite is gedurende hierdie tydperk uitgevoer, wat voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies en opsporingsoperasies deur speurders ingesluit het.
“Tydens die Voertuigkontrolepunte en padblokkades wat regoor die provinsie uitgevoer is, is 2 621 voertuie en 5 457 persone voorgekeer en deursoek,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.
Nakomingsinspeksies by tweedehandse handelaars, vuurwapenhandelaars, drankpersele, formele en informele besighede, myne sowel as plase is uitgevoer.
Talle patrollies is by winkelkomplekse, -en sentrums en in brandpunte uitgevoer om polisiesigbaarheid te versterk met 2 661 normale en hoësigbaarheidspatrollies wat uitgevoer is.
Verdagtes is aangekeer en gearresteer vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord, roof, aanranding, huisbraak, diefstal uit motorvoertuig, handel met opsetlike saakbeskadiging en besit van dwelms, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in drank, onwettige immigrante asook Oortreding van die Wet op Tweedehandse Goedere.
Kock het gesê dat die Speurders in die vyf distrikte het daagliks 219 gesoekte verdagtes opgespoor wat die polisie ontduik het terwyl 178 mense vir ander ernstige misdade in hegtenis geneem is.
Polisie-optrede het ook gelei tot die konfiskering van groot volumes alkoholiese drank, dwelms en talle gevaarlike wapens by onwettige sjebiens, sowel as vee en vermoedelik gesteelde eiendom in brandpunt-misdaadgebiede.
“Luitenant-generaal Koliswa Otola het haar dankbaarheid en waardering aan die SAPD-lede, die gemeenskap en alle eksterne rolspelers en wetstoepassingsagentskappe oorgedra vir hul volgehoue samewerking in die uitvoering van ontwrigtende aksies in ‘n poging om misdaad gesamentlik te voorkom en te bekamp,” het Kock mee afgesluit.







