Die Uitvoerende Burgemeester van die Namakwa-distriksmunisipaliteit, mnr. Mervin Cloete, wil graag sy opregte dank en waardering uitspreek aan die Noord-Kaap Provinsiale Regering, insluitend die
, vir hul onophoudelike toewyding aan die jeug en die gemeenskap.
“Ons sien met groot verwagting uit na die bekendstelling van die Bereka Mosha-program en glo dat dit ‘n suksesvolle en positiewe impak op ons gemeenskap sal hê,” het Cloete gesê.
Cloete wil die jongmense aanmoedig om hierdie geleentheid te omhels en hul beste pogings aan te wend om van hierdie program te leer en te groei.
Hierdie is ‘n deurbraak in hul lewe, en die distrik glo dat dit die jeugdiegs kan help om hul drome waar te maak en ‘n betekenisvolle bydrae aan die samelewing te lewer.
Laat ons saam voortgaan om ‘n omgewing te skep waar jong mense kan floreer en ons gemeenskap kan versterk.
Ons sien uit na die sukses van die Bereka Mosha-stagiairprogram en die positiewe impak wat dit op ons gemeenskap sal hê.
Met opregte dankbaarheid,
Namakwa Distriksmunisipaliteit

