Wêreld Premature Dag word jaarliks op die 17de November gevier om bewustheid te skep oor die uitdagings van premature babas en hul gesinne.

Die Gesondheidsorgpersoneel by die K3, Neo-Natale Eenheid by Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal het saam met hul onderskeie spanne dit op hulle geneem om Prematuriteit Bewusmakingsmaand te vier met ‘n aantal bewusmakingsgeleenthede.

Dit het gister in die voorportaal van saal K3 begin het met ‘n openingseremonie.

Moeders van premature babas het tydens ‘n klein openingseremonie bemoedigende woorde ontvang asook klein geskenkies vir hulself en hul babas.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *