‘n Lid van die Demokratiese Alliansie (DA) Isak Fritz het gister, 23 Mei 2023 in sy onderhoud met omroeper Brunhild Strauss, sy stem dikgemaak oor die onvoldoende dienslewering binne die gesondheidsorgdepartement in die Noord-Kaap.

Fritz is ‘n Suid-Afrikaanse politikus wat ‘n lid van die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer vir die Demokratiese Alliansie is. Hy verteenwoordig die DA in die gesondheids- en maatskaplike ontwikkelingskomitees.

Hy het besoek in Namakwaland kom aflê om die provinsiale kongres tot in die hartjie van die kontrei te bring vir die opkomende herverkiesing van leierskap, wat op 10 Junie 2023 sal geskied. In sy rol as provinsiale voorsitter word dit van hom verwag om interaksie met gemeenskappe te hê.

Fritz het tydens die onderhoud opgemerk dat die Noord-Kaap teen ‘n “steil afdraend” beweeg, rakende die lewering van kwaliteit gesondheidsdienste.

Hy het ook laat hoor dat hy tydens sy besoek aan die Robert Mangaliso Sobukwe hospitaal in Kimberley, tot sy ontsteltenis ‘n vuil en onhigieniese hospitaal waargeneem het. “Ons is besig om vinnig agteruit te boer in hierdie land”, meen Fritz.

Volgens die politikus is daar n tekort aan fondse binne die begroting wat voorsiening moet maak vir die aanstelling van nuwe personneellede vir hospitale, nl. dokters en verpleegsters, wat dus ‘n negatiewe impak het op gesondheidsorg.

Luister na die volledige onderhoud hier:

Attachments

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *